Leeuwenhof Rugbyspelers Skitter Op Cravenweek

Mnr Lessing staan trots by die Leeuwenhof rugbyspelers wat die O/18 Cravenweek 2018 spanne gehaal het. Hierdie drie is voorwaar rugbyspelers wat in die toekoms dopgehou moet word!

Die seuns speel in die Cravenweek toernooi wat in Paarl aangebied word. Van links: Meyer Kriel, Michael Dickie, Mnr Lessing en Jared Steyn.

Die Craven-week is ‘n jaarlikse rugbytoernooi vir skoolseuns in Suid-Afrika. Die toernooi is vir die eerste keer in Julie 1964 georganiseer en is na die legendariese Springbok Dr Danie Craven genoem. Die toernooi staan tans as die “Coca-Cola Craven-week” bekend, met Coca-Cola as die hoofborg. Jong spelers gebruik die kompetisie as ‘n geleentheid om ‘n moontlike rugbyloopbaan los te slaan, terwyl talentsoekers dit gebruik om nuwe spelers vir hulle provinsies te identifiseer.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here